Donderdag aand 13 November 2012
Die bou van ‘n “blog” is ‘n stywe leerkurwe, gegewe ek gewoond is aan Moleskins, verkieslik die met ‘n swart leer buiteblad en ‘n kort HB potlood. Deesdae gebruik ek ook die opneem funksie van die iPhone, maar ‘n velletjie lyntjie papier en skerp HB potlood is steeds koning.
Soos ek my “blog” gaan laat groei, wil ek van my vroeëre reisverhale en Skrywerskring bydraes hier inlaai. Uit die aard van die saak sal ek dit probeer edit om die wynvlekke en onnodige verwysing na wilde meisies en losbandige gedrag uit te haal. Nee, ek lieg. Ek sal eerder bietjie feëland materiaal bysit om dit nader aan reine waarheid te bring. Ek sien sopas in my 1996 druk “Tweetalige Skool-woordeboek” feë en feeks is direk na mekaar…. Dit verduidelik “Lord of the Rings” soveel beter. Ek is seker my Skrywerskring maats sal nie omgee as ek hulle name noem, en gebruik nie. As ek dalk eendag geld maak uit skryf sal ek wyn koop om dit te vier.
Ek sal kommentaar en veral opbouende kritiek op my Engelse stories baie waardeer. Ek sukkel om my Wes Transvaalse humor en Australiese Engels te trou, meestal draai enige grappie wat ek maak uit op ‘n fokkop.